Skuldvry / Debt Free
 

 

 

 

 

 

 

NCRDC383
NDMA905350DM,LY du Plooy,Skuld Berader
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


                                   Wat is Skuld Hersiening?

Die nuwe Kredietwet 34 van 2005 (in werking vanaf 1 Junie 2007) het teweeg gebring dat dit vir Jan-Publiek nou moontlik is om ‘n derde opsie te oorweeg wanneer sy skuld te veel is om te hanteer.  In die verlede was die opsies:  Administrasie of Sekwestrasie.  Vandag is daar ook Skuldhersiening. Dit is ‘n minder traumatiese opsie en ook die eerste opsie waarna die Magistraat kyk voordat hy iemand Administreer of Sekwestreer.

 

Dit behels die volgende:

Ek doen my bes om mense te help om, sovêr moontlik, hulle huis en/of kar te hou.  Daar is sekere gevalle waar dit sal nodig wees om te verkoop, maar dit is ‘n saak-tot-saak ding. As hy mooi saamwerk, behoort hierdie proses vir hom, op die ou end, groot en lekker sappige vrugte af te werp.

Dit is nie iets om oor skaam te voel nie.  Daar is oor die 6 miljoen mense (volgens opnames in 2007) in SA wat oorbeskuld is en wat nie al hulle maandelikse uitgawes kan bybring nie.  Hierdie proses gaan so ‘n persoon verseker help.  En daar is geen rede om te bekommer dat mense gaan uitvind:  al wie gaan weet is die Krediet Buro, die skuldeiser, ek en die aansoeker.

 

© 2008 Boekevat cc