Skuld konsolidasie beteken jy word skuldvry met slegs een maandelikse premie, teen ‘n verlaagde rentekoers.

Is jou maandelikse skuldpaaiemente onbekostigbaar? Sien hoeveel jy kan spaar met ons konsolidasie produk.
Konsolideer jou skuld.
1 x Maandelikse premie.
Word beskerm deur die proses.

Hoekom SkuldVry.co.za

Die aansoekproses is eenvoudig. SkuldVry.co.za aanvaar slegs kliënte wat ons as ideale kandidate vir ons dienste beskou.

Verlaagde maandelikse skuldterugbetaling.

Betaal een verlaagde premie vir al jou skuld.

Jou betroubare en vriendelike bemiddelaar.

Ons spanlede is bekwaam en professioneel. Kwaliteit is ons prioriteit.

Konsolideer jou terugbetalings.

Die dae van hordes aftrekkings is in die verlede. Een verlaagde maandelikse betaling vir al jou skuld.

Konsolideer in jou taal.

Ons praat jou taal. Word skuldvry in Afrikaans.

Skuldvry beteken Sorgvry!

Konsolideer jou skuld en geniet die dinge wat regtig saak maak in die lewe.

Gereëlde Vrae

Hoe lank neem dit om aan te sluit?

Die aansluitingsproses is baie eenvoudig en vinnig. Ons moet wel eers sien of die verbruiker kwalifiseer en dan kan die verbruiker ons aansoekvorm voltooi. Ons weet papierwerk is nie almal se gunsteling tydverdryf nie dus is al ons kliëntediensbestuurders opgelei om u met papierwerk by te staan. Al ons dokumente kan ook elektronies geteken en voltooi word op ‘n huisrekenaar of slimfoon.


Klik hier vir ‘n verpligting-vrye kwotasie.

Hoeveel minder kan ek betaal?

Elke persoon se terugbetalingsbedrag en besparing verskil. Ons gemiddelde kliënt betaal maandeliks minimum R4500.00 minder. Ons het al verlagings gesien van oor R 20 000. Persone met bogemiddelde uitstaande balanse betaal gewoonlik baie minder. Om uit te vind hoeveel jy kan bespaar voltooi die kontakvorm onderaan die blad en gesels met een van ons kliëntediensbestuurders

Hoe betroubaar is SkuldVry.co.za?

SkuldVry.co.za vorm deel van die FinFix-groep.


Vir gerusstelling, lees meer oor wat ons kliënte sê, hier.

Is my voertuig en huis veilig met SkuldVry.co.za?

Verbruikers wat skuld na 2006 aangegaan het, het nou baie meer regte en beskerming onder die Nasionale Kredietwet. 


SkuldVry.co.za beskerm jou voertuig en/of huis teen regsaksie. Solank die verbruiker nie enige betalings misloop nie en samewerking bied (soos met enige ander kredietooreenkoms) sal die kliënt se bates wat by ons gelys is, beskerm bly. Vra ons personeel oor die kredietlewensversekering wat verbruikers mag beskerm teen onvoorsiene verliese.

Gaan ek “geswartlys” word?

SkuldVry.co.za “swartlys” nie ons kliënte nie. Selfs verbruikers wat “slegte” kredietverslae het wanneer hul by ons aansluit, se kredietverslae word “skoongemaak”.


Vir meer inligting oor hoe jou kredietverslag gaan lyk tydens en na u terugbetalingstermyn, voltooi gerus die kontakvorm onderaan die blad.

Gaan ek ooit weer vir krediet kan kwalifiseer?

Sodra jy die proses by ons voltooi en alle skuld ten volle betaal is, maak ons jou kredietrekord skoon.

17.01.2024

Sluit vandag aan!

Gesels met ons!

SkuldVry.co.za deur FinFix Shared Services (Edms) Bpk.

Address

49 De Havilland Cres, Persequor, Pretoria, 0020

Email

info@skuldvry.co.za

FinFix Shared Services (Edms) Bpk. wat handel as SkuldVry.co.za geregistreer by die NCR (NCRDC3513). (Privaatheidsbeleid/voldoen aan POPIA.) FinFix sal geen inligting met ongemagtigde partye deel nie en ook nie die inligting wat deur verbruikers verskaf word, gebruik nie, behalwe vir die beoogde doel. Verbruikers wat aan SkuldVry -konsultante toestemming gee vir persoonlike identifikasie -inligting en SkuldVry magtig om die verbruikers se volledige kredietrekord by enige/alle geregistreerde kredietburo’s en enige ander registers wat kredietinligting van verbruikers bevat, te bekom. Verbruikers magtig FinFix ook om hul krediet- en rekeninginligting so lank as wat nodig is in hul stelsel te stoor om die funksies uit te voer soos beoog deur artikel 86 van die Nasionale Kredietwet.

Consent for Receiving Communications: When you provide your contact details to FinFix Shared Services (Pty) Ltd trading as SkuldVry, you are agreeing to receive valuable information and updates, which may come in the form of emails, phone calls, or text messages. The nature of these communications will be related to the financial industry. We commit to using your personal information exclusively for the stated purposes and will process it in line with our Privacy Policy. This policy outlines our practices for handling, storing, and protecting your data and also details your rights and the methods to exercise them. You have the right to withdraw your consent and opt out of further communications at any point by sending an email with the subject line "MARKETING OPT-OUT" to marketing1@finfix.co.za.

 By agreeing to these terms, you confirm that you are at least 18 years old and that you have fully understood and accepted these conditions.